Friday, January 21, 2011

Me and Google no. 5

The following article was done just after the Hong Kong Sevens in March/April 2003. The Namibian Rugby Sevens Team took part in the Hong Kong Sevens when the SARS virus was classified as a serious concern across the globe. On our return we were to be quarantined for a two week period. We had been very careful while in Hong Kong and carried our mask all the time in public, except for when we were at the games off course. We were not quarantined, and none of the team members were affected by SARS. The article focuses on the hype on SARS at that point in time.

The article can be translated from Afrikaans to English for readers whom do not follow English.

SARS fyn gemonitor

DIE nasionale sewerugbyspan wat gister van 'n internasionale toernooi uit Hong Kong na Namibië teruggekeer het, is almal vir die simptome van Akute Asemhalingsindroom (SARS), die dodelike vorm van longontsteking wat veral Asië die afgelope weke teister, getoets.
Daar is geen rede tot paniek nie, het dr. Libertine Amathila, die Minister van Gesondheid en Welsyn, gister in die Nasionale Vergadering gesê.
"My Ministerie beheer en monitor die situasie uiters versigtig. Ons is in noue kontak met die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) en ontvang daagliks nuus oor die situasie wêreldwyd,"het sy gesê.
Intussen het mnr. Hylton Ferreira, 'n bestuurslid van die Namibiese sewerugbyspan, gister uit Johannesburg aan Republikein bevestig dat die span getoets is en dat almal gesond is.
Mnr. Ferreira het gesê die span het soveel as moontlik tydens hul besoek maskers as voorkoming gedra. As veiligheidsmaatreël het dié span ook hul deelname aan 'n IRR-sewetoernooi in Beijing gekansaleer.

No comments:

Post a Comment