Friday, January 21, 2011

Me and Google no. 4

This article was posted in a Namibian Daily Newspaper in 2003, during the Rugby World Cup in Australia. I was the Spokesperson for the Namibian Rugby Team. The interview was a prelude to the Namibia vs Argentina game. One of the main attractions to the sporting world was if, Rudi van Vuuren was going to play a game. It would be the first time in history that a person would take part in the cricket and rugby world cup. The article can be translated from Afrikaans to English for any interested readers whom do not follow Afrikaans:

Rudie is uit Argentinië-stryd - Nambië glo hy kan vandag eerste skok van Wêreldbeker 2003 lewer

"Ons verwag dat dit baie winderig en koud sal wees en dat dit moontlik ook kan reën," het mnr. Ferreira gesê. "As ons die loot wen, kan ons verkies om die tweede helfte saam met die wind te speel om met skoppe in hulle helfte te bly. Ons kan hulle ook met taktiese skoppe laat omdraai."
"Die gevoel in die kamp is dat ons Argentinië kan klop. Dave (Waterston) is van die opinie dat Argentinië niks van ons af weet nie, iets wat in ons guns tel en dat ons 'n kans het om 'n skok te lewer. Hulle sal nie verwag dat ons hulle voorlangs sal aanvat omdat hulle tradisioneel sterk voorspelers het. Ons glo dat ons voorspelers hulle in toom kan hou wat die agterlyn kans kan gee om te hardloop.
"Die senuwees is besig om te pla. Almal is besig om te fokus. Daar is beslis 'n geloof dat ons Argentinië kan klop," het mnr. Ferreira gesê.
"Ons gaan die kapteinsoefening hier in Salamander Bay hou, op die Tomaree-veld waar ons die afgelope tyd oefen. Die skoppers sal wel vandag (gister) kans kry om daar te gaan skop."
Die wedstryd word hanteer deur die Walliese skeidsregter Nigel Williams. Die grensregters is Paul Honiss van Nieu-Seeland en Joël Dume van Frankryk.

Full article: http://www.republikein.com.na/sport

No comments:

Post a Comment